Thursday, April 8, 2010

Roudiens vir AWB-leier

Met skok en afgryse het ons vroeër hierdie week van die AWB-leier, mnr. Eugene Terre'Blanche, se wrede afsterwe gehoor.

Bloemfonteiners en Vrystaters van omliggende dorpe word genooi om 'n roudiens vir mnr. Terre'Blanche Sondag om 15:00 by te woon in die Dankbaar CVO-skoolsaal.

Tuesday, February 2, 2010

VVK: Registreer in Bloemfontein

Indien jy na vryheid in jou vaderland smag, registreer by die VVK en wees deel van een van die Afrikanervolk / Boerevolk se grootste geloofspronge!

Kontak Karina by 083 503 8518 of karina@bravoland.co.za om in Bloemfontein by die Volksraad Verkiesingskommissie (VVK) te registreer.

Vir meer inligting oor die VVK, besoek www.vvk.co.za.

Ons hou verkiesing in Mei 2011!! Registreer nou!!

Wednesday, January 27, 2010

Akkommodasie in Upington / Accommodation in Upington

Billike verblyf in Upington:

Werda Gastehuis
Schröderstraat 148 (hoofstraat)

Skakel 082 338 0934 vir besprekings

R350 vir 'n dubbelkamer, groter groepe kan ook geakkommodeer word.

Tuesday, November 24, 2009

Agri Turf - Besproeiing

Agri Turf spesialiseer in alle pompe, pype, landbou- en tuinbesproeiing. Ons doen ook installasies en herstelwerk in en rondom Bloemfontein, asook oor die hele Vrystaat en Noord-Kaap.

Kontak ons gerus in verband met spilpunte, kruipspuite, "floppy"-stelsels, tuinbesproeiing, boorgatpompe en al u waterbehoeftes.


Skakel Nelius by 082 559 2244 vir enige navrae.

Tuesday, September 29, 2009

Kultuuraand 9 Oktober 2009: Bloemfontein

BLOEMFONTEINSE KULTUURVERENIGING

(‘n Gesinskultuurvereniging vir Afrikaners)

Ons leuse: ‘n VOLK RED HOMSELF

Liewe Kultuurvriend,

2009 GAAN SNEL VERBY

Die uurglas vir 2009 is vinnig besig om leeg te loop en wie sou dit nou aan die begin van die jaar kon dink! Hier is ons nou al by ons laaste kultuurgeleentheid vir hierdie jaar, behalwe vir ons betrokkenheid by Geloftedag op 16 Desember.

Jou vriendelike uitnodiging lyk só:

Na aanleiding van ‘n versoek by verlede jaar se dinkskrum, kyk ons hierdie keer na die betekenis van ons Gereformeerde Belydenisskrifte in die huidige tydsgewrig en die jare wat voorlê. Gelowige Afrikaners wonder soms of ons Belydenisskrifte tans nog relevant kan wees. Kom luister gerus en kom praat saam.

Datum en tyd: Vrydagaand, 9 Oktober 2009 om 19:00
Plek: Ouditorium, Bybelhuis
Gespreksonderwerp: Die Belhar Belydenis - wat is die bohaai?
Gespreksleier: Professor Johan Janse van Rensburg
Prof. Johan is geen onbekende by ons nie en kan onderhoudend en met gesag oor geloof- en kerksake gesels.

Verder sluit ons program in:
• Opening – ds Gert Terblanche.

• Paul Kruger - vas soos ‘n berg! (ds Bertie de Lange).
• Koorsang.
• Voorlees van ‘n humoristiese skets.
• Lekker saamsing.
• Breek ‘n lans vir Afrikaans - het jy dit gedoen? Kom deel met ons.


Ons volk is met die rug teen die muur - in baie gevalle ‘n banneling in ons eie land. Daarom is dit nodig dat volksgenote rondom ons geloofsbegronding, ons taal en ons kultuureie mekaar moet versterk om die aanslae te kan afweer. Kom ons doen dit ook hierdie keer.

Vriendelike kultuurgroete van huis tot huis.
Sam de Klerk, 24 September 2009. Tel. (051) 446-1899

Wednesday, September 23, 2009

Erfenisdag of braaidag?

Vandag, 24 September, is deur die nuwe regering geproklameer tot nasionale braaidag. Is dit nie maar nog 'n aanslag op die Afrikaner se ryk erfenis nie?

Die volksvreemdes het nie so 'n ryk erfenis soos die blanke in Suid-Afrika nie, want niks wat hulle vir hulself opgeëis het, is deur hulle gebou nie.

Dus het hulle Erfenisdag afgewater tot braaidag, wat hulle goed weet die Afrikaner eerder sal doen as om sy erfenis te besoek. Want die meeste liberale Afrikaners dink mos rugby, brandewyn en braaivleis is kultuur.

Kom burgers, laai jou kinders en jou vriende in 'n kar en besoek die naaste monument, slagveld of aandenking van wat ons voorvaders vir ons agtergelaat het voordat jy daardie vleisie op die kole gooi.

Is dit werklik te veel gevra?

Friday, September 4, 2009

Cantus!!

Bloemfonteiners, kry julle das, baadjie, hoed en bekers gereed, dis weer tyd vir Cantus!!

Wanneer: 11 September 2009
Hoe laat: 19:30
Waar: Stads- en Streeksbeplanningsgebou op die Kovsiekampus

Hoop om julle almal daar te sien!