Thursday, December 18, 2008

Die Vierde Raadsaal

Vierde Raadsaal van die Vrystaatse Republiek ingewy 5 Junie 1893

Die Volksraad van die Republiek van die Oranje-Vrystaat het om 10h00 in die derde Raadsaal in die Ou Goewermentsgebou byeengekom en is vandaar in ‘n optog na die nuwe Raadsaal. Die optog is gevolg deur die Artillerie-orkes. Na die opening het die gehoor met groot geesdrif die Vrystaatse volkslied gesing. Die vierde Raadsaal is die juweel in die Vrystaatse boukuns. Dit is gebou in die Renaissance-boustyl: die Griekse en Romaanse boustyle gee die indruk van ‘n monument. Dit is veral waar van die trotse en dominerende vooraansig. Grieks is die trappe, die portiek, die wyse suilgange voor en aan weerskante van die saal, die gegroefde suile met hulle Ioniese kopstukke, die fries, die pediment en die kroonlys. Op die Griekse onderbou rus die Romeinse koepel met sy agt boogvormige openinge, die lantern motief en vlagpaal. Die interieur van die Raadsaal pas aan by die gebou – ook die meublement. Aka fak P.J.N


Bron: 365 Spore

1 comment:

  1. Ek wonder wanneer laas was iemand regtig daar binne, ek bedoel die raadsaal self is baie mooi, baie modern en skoon. maar die res van die gebou val inmekaar in. die ou meubels is stukkend en belangrike dokumente is net so deurmekaar oor die vloere - met simba chips pakkies en coke bottles oorals tussen in. die mure kort restorasie die deure - daar is meer as een wat sommer heeltemal stukkend en nutteloos is... seker maar op tv lyk die saal ag te pragtig en van buite af lyk dit ook so. maar binne kort biejie liefde. Nee Baie liefde en nog meer werk.
    as almal in Bloem net kon sien hoe dit daar binne lyk so hulle darem skaam kry.

    ReplyDelete