Thursday, December 18, 2008

Kaping van die Afrikaner se gedenkdae

Volksblad 17 Desember 2008


Volksblad berig dat op 16 Desember 2008 "Versoeningsdag" by die Vrouemonument in Bloemfontein gevier is. Dit is baie beslis nie "Versoeningsdag" wat hierdie jaar op 16 Desember by die Vrouemonument gevier is nie.

In der waarheid is dit Geloftedag en die 170ste herdenking van die Slag van Bloedrivier wat op hierdie dag by die Vrouemonument herdenk is. Dit het absoluut niks met sogenaamde versoening te make nie. Die dag se verrigtinge het vroeg die oggend met 'n biduur by die DAm van Trane/Bron van Herinnering-konsentrasiekampterrein begin waarna almal na die Vrouemonument beweeg het waar meer as 1000 trotse Afrikaners bymekaargekom het om hul trotse geskiedenis te herdenk en die Gelofte na te kom wat die Voortrekkers op 9 Desember 1838 aan God gemaak het en op 16 Desember 1838 die Zoeloes verslaan het.

Is hierdie net nog 'n manier hoe die media ons trotse geskiedenis verdraai?

Volksblad 18 Desember 2008


Volksblad 18 Desember 2008

No comments:

Post a Comment